| |||||
Nasionale leuse: Justice – Paix – Travail (Frans vir: "Geregtigheid – Vrede – Arbeid") | |||||
Volkslied: Debout Congolais (Frans vir: "Staan op, Kongolese") | |||||
Hoofstad | Kinshasa | ||||
Grootste stad | Kinshasa | ||||
Amptelike tale | Frans Nasionale tale: Kongo, Lingala, Swahili en Luba-Kasai[1][2] | ||||
Regering | Unitêre semi-presidensiële grondwetlike republiek[3] Félix Tshisekedi Judith Suminwa | ||||
Onafhanklikheid Vorming
• Kolonisasie • Kongo-Vrystaat • Belgies-Kongo • Onafhanklikheid van België • Zaïre • Huidige grondwet |
17 November 1879 1 Julie 1885 15 November 1908 30 Junie 1960[4] 29 Oktober 1971 18 Februarie 2006 | ||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
2 344 858[4] km2 (12de) 905 354 myl2 3,32 | ||||
Bevolking - 2024-skatting - Digtheid |
115 403 027[4] (14de) 49,2 / km2 127,5 / myl2 | ||||
BBP (KKP) - Totaal - Per capita |
2024-skatting | ||||
BBP (nominaal) - Totaal - Per capita |
2024-skatting | ||||
MOI (2022) | 0,481[6] (180ste) – laag | ||||
Gini (2020) | 44,7[7] – medium | ||||
Geldeenheid | Frank (CDF )
| ||||
Tydsone - Somertyd |
WAT en SAT (UTC+1 en +2) nie toegepas nie (UTC+1 en +2) | ||||
Internet-TLD | .cd | ||||
Skakelkode | +243 |
Die Demokratiese Republiek die Kongo (Frans: République démocratique du Congo, [kɔ̃ɡo]; Kongo: Repubilika ya Kôngo ya Dimokalasi; Lingala: Republíki ya Kongó Demokratíki; Swahili: Jamhuri ya Kidemokrasia ya Kongo; Luba-Kasai: Ditunga dia Kongu wa Mungalaata), ook bekend as DR Kongo, die DRK, Kongo-Kinshasa of net die Kongo,[8][9] is 'n land in Sentraal-Afrika en die tweede grootste land in Afrika ná Algerië. Dit grens aan die Sentraal-Afrikaanse Republiek en Suid-Soedan in die noorde, Uganda, Rwanda, Burundi, en Tanzanië in die ooste, Zambië en Angola in die suide, en die Republiek die Kongo in die weste. Die land het toegang tot die see deur 'n nou 40 km strook, langs die Kongorivier tot in die Golf van Guinee; andersins sou die Demokratiese Republiek die Kongo as 't ware 'n landingeslote land wees. Die naam "Kongo", wat jagter beteken, is afkomstig van die Bakongo-stam wat naby die Kongorivier kom woon het.
Die Demokratiese Republiek die Kongo is ryk aan natuurlike hulpbronne, maar politieke onstabiliteit, korrupsie en die gebrek aan infrastruktuur belemmer die land se ontwikkeling, natuurlike hulpbrononttrekking en gebruik. Uitsonderings sluit in die hoofstad Kinshasa en die ander groot stede Lubumbashi en Mbuji-Mayi wat mineraalmynbouplekke is.